Seventh Day Adventist Kinship International, Inc. Supporting and advocating
for gay Adventists since 1976


Spacing Image
Home
Spacing Image
 

For information in a specific language, select from below: 

Wat is Kinship? (Afrikaans)


Seventh-day Adventist Kinship International, Inc. is 'n nie winsgewende ondersteuningsgroep wat die geestelike, emosionele, sosiale en fisiese toestand van die Sewende Dag' Adventis Lesbiërs, gays, biseksuele en transeksuele, hulle gesinne en vriende bedien. SDA Kinship fasiliteer en bevorder die begryping en bevestiging van homoseksuele en biseksuele Adventiste onder mekaar asook binne die Sewende Dag Adventis gemeenskap deur middel van opvoeding, regslering en rekonsiliasie. Die organisasie was gestig in 1976 en ingekorporeer in 1981 en het 'n raad van 15 amptenare asook 10 koordineerders. Die huidige lys van lede en vriende strek al vêr meer as 'n duisend mense oor 20 lande. Kinship word alleenlik bedryf deur middel van bydraes van familie en vriende. SDA Kinship glo dat die Bybel nie veroordeel of selfs homoseksualiteit noem, as 'n seksuele oriëntasie nie. Ellen G. White vergelyk nie die tekste wat so gereeld gebruik word om homoseksuele te veroordeel nie. Meeste van God se kinders wat groot geword het as gay of lesbies se smart het hulle wortels, in onkunde, oor wat die Bybel regtig sê. Seventh-day Adventist Kinship is 'n nie winsgewende organisasie, wat die vooruitgang van menseregte van alle mense ondersteun.


Spacing Image
 
10/27/2005 © copyright 2002 SDA Kinship International, Inc.